Meer bloedklonte van Covid as inentings

Die voorkoms van bloedklonte as newe-effek van die Johnson en Johnson-entstof teen die Covid-virus is uiters seldsaam. Teen 18 Maart het meer as 18 miljoen Amerikaners al dié entstof gekry. Net 60 het later bloedklonte gekry en nege is dood. Yale Medicine se analise van dié syfers wys die risiko vir bloedklonte is die hoogste onder vroue tussen die ouderdom van 30 en 49 jaar. Die Amerikaanse Voedsel- en medisyne-owerheid beveel wel aan dat pasiënte met ‘n geskiedenis van bloedklonte eerder die Pfizer- of Moderna-entstof as Johnson en Johnson kry. Pfizer en Johnson en Johnson word in Namibië toegedien.