Materiaal wat in parlement-brand vernietig is, is onvervangbaar

Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbron-agentskap sê van die materiaal wat in die brand by die parlement beskadig is kan nie vervang word nie want dit is heeltemal vernietig. Ben Mwasinga van die agentskap sê ‘n verslag is aan die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisie voorgelê oor of nog aanklagte teen Zandile Mafe gelê kan word. Hy het na bewering die brand in Januarie gestig. Mwasinga voeg by die verslag het ook ten doel om die koste van herstelwerk en herbouing van die parlement te bepaal.