Kagiso Radaba kan dalk vandag rekord laat spat

Krieket: Die Proteas se bouler Kagiso Rabada kan dalk vandag die Indiese Premierliga-rekord van die T20-legende, Lasith Malinga van Sri Lanka, laat spat. Rabada speel vanmiddag sy laaste wedstryd vanjaar vir die Punjab Kings teen die Sunrisers Hyderabad in Mumbai. Hy het net twee paaltjies nodig om sy hondertal te behaal na hy in 62 wedstryde vir verskeie spanne gespeel het. Malinga het sy 100ste paaltjie in sy 70ste wedstryd ingepalm.