Meer as 8 000 drankbottels in feestyd op Kaapse strande gekonfiskeer

Die alkohol waarop daar tydens die afgelope feestyd op Kaapstadse strande beslag gelê is, is nét minder as tydens die laaste feestyd voor die grendeltyd. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê wetstoepassers het in die afgelope feestyd op meer as 8 000 bottles drank beslag gelê waarvan die meeste op Welwillendheidsdag was. Op Nuwejaarsdag is beslag gelê op 1 206 bottels.