Twee verdagtes vas oor ontvoering van elf-jarige leerling

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, is verheug dat die elf-jarige leerling van die Laerskool E.P. Bauman in Mayfair, Johannesburg, wat verlede jaar November ontvoer is, vandag veilig by haar huis terugbesorg is. Die graad vyf-leerder is by die skool se hek met ‘n vuurwapen gedreig en ontvoer. ‘n Woordvoerder van die departement, Steve Mabona, sê volgens inligting tot die departement se beskikking, het die leerling se ma vanoggend ‘n oproep van die polisie ontvang dat sy haar kind by die polisiestasie kan kom haal. Twee verdagtes is in hegtenis geneem, maar die hoofverdagte word nog gesoek.