Namibiese privaat skole gereed vir nuwe skooljaar

Namibiese skole heropen volgende week en sommige graad 11-leerders moet egter vraestelle herskryf wat einde verlede jaar uitgelek het. Staatskole het aangedui hulle is gereed vir die nuwe skooljaar. Kosmos 94.1 Nuus het aan Colette Riekert van die Namibiese Privaat Skole-vereniging gevra of hulle gereed is vir die nuwe skooljaar en herskryf van eksamens. Sy het só geantwoord.