Meer as 180 van Windhoek lyskhuise die naweek veras

Die burgemeester van Stad Windhoek Job Amupanda sê 180 onopgeëiste lyke by die hoofstad se lykshuis is reeds die naweek veras. Die lykshuise in die hoofstad het jare reeds uitdagings met lyke wat nie deur familie gehaal is nie en op die oomblik, plaas dit erge druk op die instellings met die groot hoeveelheid Covid-sterftes wat aangemeld word. Amupanda sê werknemers by Stad Windhoek is in verbinding met gesondheidsowerhede en nog verassings sal die naweek plaasvind.