VW sê binnekort oor Bugatti

Volkswagen sal binnekort ‘n besluit maak oor die toekoms van sy luukse handelsmerk Bugatti. Volgens Oliver Blume, ‘n raadslid by Volkswagen en hoof uitvoerende beampte van Porsche, wat 53 persent van Volkswagen besit, sal die besluit aan die media bekend gemaak word wanneer dit gefinaliseer is. Volkswagen het in Maart vanjaar aangekondig dat hy aan ‘n strategiese vennootskap met Rimac, ‘n elektriese motormaatskappy in Kroasië, werk, met Porsche as die minderheidsaandeelhouer in die onderneming.