Kameelperd-bewaring vandag in die soeklig

Dit is vandag Wêreld Kameelperd-dag. Die dag word jaarliks herdenk, veral omdat die Wes-Afrika kameelperd onder erge druk verkeer met ongeveer 600 diere wat in Niger, een van die wêreld se armste lande, tot op hede oorleef. Professor Morgan Hauptfleisch van die NUST Biodiversiteitsentrum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.