Medupi: DA soek antwoorde

Die ontploffing by die pasvoltooide Medupi-kragstasie in Limpopo bly in die nuus en die DA sê dit is kommerwekkend. Die ontploffing het plaasgevind tydens ‘n proses om waterstof met onderskeidelik koolstofdioksied en lug te verplaas om ‘n eksterne lekplek te vind. Opwekkingseenheid 4 van die kragstasie is ernstig beskadig in die ontploffing. Ghaleb Cachalia van die DA sê Eskom moet dringend antwoorde verskaf oor die stand van Medupi en of die voorval tot beurtkrag gaan lei: