Mediese personeel van Helen Joseph-hospitaal kry nie April-salarisse

Die DA in Gauteng sê die provinsiale gesondheidsdepartement het versuim om April se salarisse aan 91 dokters en verpleegkundiges van die Helen Joseph-hospitaal te betaal. Dit het gebeur ten spyte van die bykomende las weens Covid-gevalle en pasiënte wat verskuif is vanaf die brand-beskadigde Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal. Die DA-lid Jack Bloom sê volgens die hospitaal se uitvoerende hoof, Relebohile Ncha, is die wanbetaling te wyte aan ‘n vertraging met die goedkeuring van 91 van die 177 Covid-kontrakposte vir die 2022/23-boekjaar.