Suid-Afrikaners is vatbaar vir kubermisdaad

Suid-Afrika is sesde in die wêreld met 52 slagoffers van kubermisdaad per een miljoen internetgebruikers. Dit is volgens ‘n 2021 kuberveiligheids-navorsingsverslag wat bevind het Suid-Afrikaners is vatbaar vir hierdie misdade. Volgens ‘n navorser van Surfshark, Povilas Junas, is kuberkraking steeds die nommer een-kubermisdaad wat talle slagoffers raak.