Namibië vier môre Wêrelddag vir Veiligheid en Gesondheid by die Werk

Die Wêrelddag vir Veiligheid en Gesondheid by die Werk word elke jaar op 28 April herdenk en het ten doel om beroepsongelukke en -siektes te voorkom. Hierdie dag is deur die Internasionale Arbeidsorganisasie verklaar om te fokus op die voorkoming van beroepsongelukke en -siektes wêreldwyd. Volgens die adjunk-direkteur van beroepsveiligheid en -gesondheid in die Namibiese arbeidsministerie, Petrina Nghidengwa, sal die dag môre op 6 Mei in Namibië herdenk word met ‘n optog wat vanaf halfnege môreoggend vanaf China Town in die noordelike nywerheidsgebied na die arbeidsministeriegebou sal plaasvind.