Mediese hulp vir SA Poskantoorwerkers opgeskort

Mediese hulp vir Poskantoorwerkers in Suid-Afrika kan opgeskort word terwyl die maatskappy weens reusagtige finansiële verliese sukkel om pensioen- en mediesefonds-bydraes vir werknemers te betaal. Die maatskappy verwag in die 2020/2021-boekjaar ‘n verlies van 2,5 miljard rand wat aan die Covid-pandemie toegeskryf word. Die Poskantoor skuld sy mediese skema 582 miljoen rand. Die Poskantoor se woordvoerder, Johan Kruger, het erken hulle skuld ook 543 miljoen rand aan die aftreefonds.