Debmarine skenk ses ventilators ter waarde van N$2 miljoen

Debmarine het ses ventilators ter waarde van twee miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk in hul stryd teen die Covid-pandemie. Tydens die derde vlaag van die pandemie het die nood vir ventilators vir hospitaalpasiënte ontstaan en dit kan deur volwassenes en kinders gebruik word. Otto Shikongo, Debmarine Namibia se uitvoerende hoof, is aan die woord.