WGO beveel styging in alkoholbelasting in Europa aan

Die Wêreldgesondheidorganisasie beveel ‘n styging in alkoholbelasting in Europa aan om sterftes aan kanker te voorkom. Volgens die liggaam se Europese kantoor word alkoholverbruik verbind met kanker van die mond, keelholte, slukderm, kolon en rektum, lewer, stemkas en borskanker by vroue. Die organisasie sê sy model toon ‘n beraamde 10 700 nuwe kankergevalle en 4 850 alkoholverwante sterftes kan jaarliks vermy word indien die huidige belasting op alkohol verdubbel word. Die WGO se streekskantoor sê 85 000 sterftes per jaar word deur alkohol veroorsaak.