Meatco kry groter beesvleis-uitvoerkwota na Noorweë as Beefcor  

Die Vleisraad van Namibië het die meerderheid van die 2023 Noorweegse beesvleis-uitvoerkwota aan Meatco toegeken. Meatco se kwota is 1 200 ton, terwyl Beefcor 400 ton van die totale 1 600 ton beesvleis-uitvoere gekry het. Dit is deur Goliath Tujendapi, die uitvoerende hoof vir handel en bemarking by die Vleisraad bevestig. Benewens die uitvoer van beesvleis na Noorweë, voer Namibië ook beesvleis uit na Amerika en China, wat Namibië die eerste Afrika-land maak wat dit doen. Namibiese landboukundige, Wallie Roux gee sy mening oor die verdeling van die kwota aan Kosmos 94.1 Nuus.