Christine Mboma is hard aan die oefen

Talle Namibiërs wonder wanneer hulle weer vir Christine Mboma in aksie op die atletiekbaan kan sien. Mboma het op die ouderdom van 18 ‘n silwermedalje in die 200 meter by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio verower, die eerste Namibiese vrou ooit wat ‘n Olimpiese Spele-medalje gewen het, en ‘n wêreldrekord vir onder 20 en Afrika senior vroue gebreek het. Op die Statebondspele het sy brons in die 200 meter ingepalm. Mboma se afrigter Henk Botha sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe Christine se oefenprogram vir 2023 lyk.