Switserse eienaar van Craft Bistro deur immigrasie ondervra

Die Switserse burger en mede-eienaar van Craft Bistro in Windhoek, Petra Illing, word na bewering deur immigrasiebeamptes aangehou. Drama het vroeër vandag by die Craft Centre in die middestad afgespeel toe NEFF-aktivis Michael Amushelelo in hegtenis geneem is nadat die eienaars van Craft Bistro ‘n klag teen hom aanhangig gemaak het. Immigrasiebeamptes ondervra Illing wat glo met ‘n visum werk wat al drie jaar gelede verval het en ‘n ongeregistreerde restaurant bestuur. Werkers van Craft Bistro het gestaak omdat hulle glo nie hul salarisse betyds ontvang het nie en Amushelelo het hulle bygestaan. Die werkers is vandag almal geskors. ‘n Werker sê tot siens aan Illing toe sy saam met immigrasiebeamptes  vertrek…