McIlroy weerlê bespiegelings dat hy by LIV aansluit

Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy, het berigte verwerp dat hy op die punt staan om by LIV Gholf aan te sluit. Die Londense finansiële oggendblad, City AM, het die naweek berig die Noord-Ierse speler is 16,3 miljard Namibiese dollar aangebied om by die Saoedi-Arabiese toernooireeks aan te sluit. McIlroy, wat een van LIV Gholf se mees uitgesproke kritici is sedert dit in 2022 bekend gestel is, sê hy sal vir die res van sy loopbaan aan die PGA-reeks deelneem: