Amerikaanse Jode loop deur onder aanvalle sedert 7 Oktober

‘n Verslag toon die aantal anti-Semitiese voorvalle in die Verenigde State het verlede jaar ‘n rekordhoogtepunt bereik, wat vererger is deur die begin van die Israel-Hamas-oorlog op die sewende Oktober. ‘n Joodse organisasie, Anti-Defamation League, het in 2023 altesaam 8 873 anti-Semitiese voorvalle in die land getel, ‘n 140-persent toename sedert 2022. Meer as 5 000 gevalle is ná 7 Oktober aangemeld. Reuters berig die organisasie se uitvoerende hoof, Jonathan Goldblatt, sê Joodse Amerikaners word geteiken by die skool, by die werk, in die openbaar en selfs by die huis.