R35m verhaal na onreëlmatige betalings

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê 35-miljoen-rand is verhaal in verband met onreëlmatige betalings vir ongelewerde dienste. Dit volg op onreëlmatige betalings deur SA Toerisme se kantore in Amerika en Suid-Afrika. Uitvoerende amptenare van SA Toerisme wat die instelling intussen verlaat het, het die betalings einde Maart verlede jaar voorberei. De Lille sê dit is onaanvaarbaar dat amptenare wat met staatsgeld vertrou word, steeds met soveel minagting vir wetgewing en regulasies ten opsigte van openbare fondse optree. Die Ouditeur-generaal sal die kwessie ondersoek.