Maya Angelou kry munstuk

Digter en aktivis wyle Maya Angelou is die eerste swart vrou wat op ‘n Amerikaanse muntstuk verskyn. Die Amerikaanse Munt het Maandag die aankondiging gemaak en Angelou sal ook die eerste persoon wees wat deur die American Women Quarters-program herdenk word, nadat dit in Januarie 2021 in wetgewing vervat is. Die adjunkdirekteur van die Munt, Ventris Gibson, sê elke 2022-muntstuk is ontwerp om erkenning te gee aan die prestasies en bydraes deur Amerika se mees fenomenale vroue.