FNB tree toe in Fishrot-geding

First National Bank Namibia het hofdokumente by die Windhoekse hoërhof ingedien wat aandui dat die bank onbewus daarvan was dat van die Fishrot-beskuldigdes eiendomme moontlik deur onwettige skemas aangekoop het. Namibië se grootste kommersiële bank meen dit het ‘n reg om sy belange te beskerm as van hierdie eiendomme in die toekoms deur die staat verkoop word. Die bates ter waarde van sowat 5,3 miljoen Namibiese dollar behoort onder meer aan James Hatuikulipi en Ricardo Gustavo wat lenings by FNB het. Die saak sal op 27 Januarie aangehoor word.