Stygende werkloosheidsyfers oorsaak van betogings in Namibië – kenners

Kenners is van mening dat stygende werkloosheidsyfers waarskynlik die oorsaak is van die huidige onrus en betogings in Namibië. Hulle meen verder dat die stygende werkloosheidsyfers in Namibië heel waarskynlik tot burgerlike onrus in die land sal lei wat gekenmerk word deur gewelddadige betogings en politieke en ekonomiese geskille. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, praat met Kosmos 94.1 Nuus.