Curriebeker: Bulle, Cheetahs & Haaie wen

‘n Onkeerbare Bullespan het gister bo-oor die Griekwas geloop en die tuisspan met 53-27 geklop in ‘n Curriebeker-wedstryd in Kimberley. Die span van Pretoria het sewe drieë gedruk teenoor Griekwas se vier. In gister se ander Premierliga-wedstryd in Bloemfontein het die Leeus ‘n nog groter nederlaag van 66-14 teen die Cheetahs gely. Die Haaie het die Pumas Vrydagaand in Mbombela met 24-10 oorrompel.