Massaskietery in VSA regstreeks op sosiale media uitgesaai

‘n 18-jarige wit man het by ‘n supermark in ‘n swart woonbuurt in die Amerikaanse stad Buffalo losgebrand en tien mense vermoor in wat owerhede as ‘n daad van “rasgemotiveerde gewelddadige ekstremisme” beskryf het. Drie ander is Saterdag in die aanval by die Tops Friendly Market beseer. Payton Gendron het volgens bewering vanaf Conklin, 320 kilometer na die meerderheid swart buurt van Buffalo gereis om die aanval uit te voer. Hy het die skietery op die sosiale media platform Twitch, regstreeks uitgesaai. Die goewerneur van New York, Kathy Hochul, sê sosiale media maatskappye moet aanspreeklikheid begin aanvaar.

Gendron is op die toneel in hegtenis geneem en sal moontlik Donderdag verskyn na al die klagte teen hom, wat haatmisdaad kan insluit, geformuleer is.