Interhoër sluit by Gymnasium af

Die Interhoër tussen Windhoek Hoërskool en Windhoek Gymnasium het in die hoofstad by Gymnasium se sportgronde afgesluit. Die geleentheid het reeds op 10 Mei begin met talle sportsoorte, sowel as skaak en debat, wat ingesluit is, in beide junior en senior kategorieë. Die finale geleentheid was die derde, tweede en eerste rugbyspanne van die twee skole wat kragte gemeet het. Die derde span wedstryd is deur WHS verower met ‘n telling van 43-7, en so ook met die tweede span wat 33-28 teenoor Gymnasium geseëvier het. Gymnasium se eerste span het 27-17 gewen.