Maskers steeds van krag in SA, binnenshuis

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het wysigings aan gesondheidsregulasies publiseer wat dit steeds verpligtend maak vir mense om binnenshuis en op openbare vervoer maskers te dra. ‘n Dertig-dae stel oorgangsreëls wat aan die einde van die nasionale Covid-19 noodtoestand ingestel is, het outomaties om middernag verstryk. Soos voorheen word alle byeenkomste tot 50 persent van normale besetting beperk, en hoogstens 1 000 mense mag binnenshuis vergader, tensy ‘n bewys van inenting of ‘n negatiewe Covid-19 toets gewys kan word. Hierdie beperkings sal eindig wanneer die minister dit kanselleer.