Telecom skort dienste op 8 Mei op, as jy nie betaal nie

Telecom Namibia sê dienste aan uitstaande rekenings sal op Sondag, 8 Mei afgeskakel word. Die maatskappy sê alle betalings moet teen 12-uur Vrydag, 6 Mei ontvang word om ononderbroke dienste te verseker. Die maatskappy het nie bekend gemaak hoeveel hy geskuld word nie maar het sy kliënte gemaan om korrekte inligting op betalings te verskaf wat die rekeningnommer insluit. Die aankondiging kom kort na ‘n aankondiging van ‘n verhoging in tariewe vir verskeie dienste wat op 1 Junie vanjaar in werking tree.