Mashaba lê skuld vir kindersterftes voor regering se deur

ActionSA se president, Herman Mashaba, versoek die regering om aanspreeklikheid te aanvaar vir die onlangse kindersterftes weens vervalste goedere in Soweto, Soshanguve en aan die Wes-Rand. Mashaba sê ondanks waarskuwings tydens sy termyn as die burgemeester van Johannesburg vyf jaar gelede, het die krisis vererger weens die regering se gebrek aan optrede. Volgens Mashaba het ActionSA se onlangse beleidskonferensie-besluite ten doel om wetstoepassing en gemeenskapspolisiëring te verbeter. Hy vra onmiddellike regeringsverantwoordelikheid en optrede, insluitend klopjagte op fabrieke en vinnige vervolgings.