Gaan skenk bloed, dit red lewens!

Lede van die publiek word aangemoedig om môre te gaan bloed skenk by Binary City in die hoofstad se suidelike industriële gebied, aangesien bloed nodig is om lewens te red. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens bied saam met die maatskappy die bloedskenk-geleentheid aan. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, woordvoerder van die bloedoortappingsdiens, gepraat wat meer deel.