Sharma gaan hom nie laat onderkry deur verwagtinge nie

Krieket: Die kaptein van Indië, Rohit Sharma, sê hy begryp wat op die spel is maar sal hom nie laat onderkry deur al die verwagtinge vir sy span om nog ʼn Wêreldbeker op tuisbodem te verower nie. Die gashere begin Sondag in Chennai hulle veldtog teen die vyfmalige kampioene, Australië, terwyl krieketmal Indië se hoop van die span afhang om die lang droogte om die trofee te beëindig. Die laaste drie toernooie waar die tuisspan die titel ingepalm het, was Indië in 2011, Australië in 2015 en Engeland in 2019.