Masels in vyf SA provinsies aangemeld

Die Stad Tshwane sê hy het met kommer kennis geneem van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se onlangse verklaring van ‘n uitbreking van masels in Suid-Afrika. Vyf provinsies, Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes, het reeds gevalle aangemeld. In Tshwane is 14 laboratorium-bevestigde gevalle sedert Mei aangeteken. Die jongste bevestigde geval in die stad is, is volgens die woordvoerder, Sipho Stuurman, ‘n vierjarige seuntjie van Hammanskraal het die siekte opgedoen.