Noodtoestand in Kalifornië weens reuse-storm

‘n Noodtoestand is in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië afgekondig nadat ‘n reuse-storm die kus getref het. Dit is die tweede storm in die streek die afgelope week. Die Amerikaanse Weerdiens het ‘n vloed- en sterk wind-waarskuwing uitgereik, waarna duisende inwoners opdrag ontvang het om hul huise te ontruim uit vrees vir oorstromings en modderstortings. Kommer bestaan dat die North Fork-dam kan oorloop. Die jongste storm word beskryf as ‘n  bom-sikloon wat waarskynlik lewensverlies sal veroorsaak.