Oud-hoof van dwelm-eenheid sê hoe dwelms Namibië binnekom

Die voormalige hoof van Nampol se dwelm-eenheid het sy reaksie gegee op nog ‘n vermeende dwelmsmokkelaar wat by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is. Die Suid-Afrikaanse burger, die 44-jarige Michael Mpangala, wat van die onwettige handel in kokaïen ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar aangekla is, het glo ook Brasiliaanse valuta ter waarde van 700 000 Namibiese dollar in sy bagasie gehad. Hy het van Brasilië af gekom het om glo die dwelms op Okahandja af te lewer. Hermie van Zyl verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dwelms Namibië binnekom.