Ministerie bevestig skudding, sê niks verder nie

‘n Skudding wat gister naby Kapps Farm net Oos van die hoofstad voorgekom het en in verskeie plekke in Windhoek gevoel is, het groot opslae op sosiale media gemaak. Die ministerie van myne en energie is genader maar het geen uitsluitsel gebied nie, behalwe vir ‘n verklaring laat gistermiddag wat melding maak van die skudding en dat dit by die Windhoek, Karibib, Gobabis en Neudamm seismiese stasies opgeneem is. Volgens Gloria Simubali van die Namibiese Geologiese Opname in die ministerie, het die skudding 34 minute oor een plaasgevind en wanneer data beskikbaar is, sal dit met die publiek gedeel word. Verskeie skuddings het die jaar in die land plaasgevind met aardbewings wat in April, Mei, Junie en November aangeteken is. Die sterkste een was op 4 April wat 5,4 op die Richterskaal gemeet het en 206 kilometer suidoos van Opuwo in die Kunene-streek voorgekom het.