Markte reageer positief op oorlog-samesprekings

Die meeste aandele het vandag weer gestyg, namate beleggers Rusland se onderneming met versigtigheid verwelkom om militêre optrede rondom twee stede, insluitend Kiëf, drasties te verminder. Daar is weer hoop op ‘n skietstilstand in die maandlange oorlog in Oekraïne. Dié aankondiging ná samesprekings tussen die twee strydende partye in Turkye, het ‘n oplewing in die Amerikaanse en Europese markte veroorsaak en oliepryse laat daal. Rusland se adjunkminister van verdediging, Alexander Fomin, sê daar is vordering met die kwessies van neutraliteit en Oekraïne se nie-kernstatus, wat Rusland se twee grootste bekommernisse is.