Fishrot-lot mag nie Imalwa, Stefansson ondervra nie

Regter Orben Sibeya het vanoggend in die hoërhof ‘n aansoek deur die Fishrot-beskuldigdes om die aanklaer-generaal Martha Imalwa en haar ster-getuie, die Yslander, Johannes Stefansson onder kruisverhoor te ondervra. Die aansoek deur die Fishrot-lot is gebring in die saak wat die aanklaer-generaal teen die groep gemaak het in verband met die wetgewing om georganiseerde misdaad te bekamp. Imalwa jaag die groep se bates na. Sibeya het gesê hy sal later sy redes bekend maak.