Mans kan PSA-toets vir prostaatkanker doen

Hoe kan prostaatkanker beveg word met mans wat so gekant teen “daardie toets” is? ‘n PSA-bloedtoets is die antwoord. Baie mans wil nie die tradisionele rektale ondersoek laat doen nie, maar hierdie November beveel die Kankervereniging van Namibië Namibiese mans bo 40, veral diegene met ‘n familiegeskiedenis van prostaatkanker, aan om hul huisdokter te vra vir bloedtoets. Die toets meet die aantal prostaat-spesifieke antigeen in jou bloed. Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging, Rolf Hansen vertel aan Kosmos 94.1 Nuus waarom mans traag is om vir prostaatkanker te toets.

Hansen verduidelik waarom dit so belangrik is om vir prostaatkanker te toets.