Unesco herdenk dag teen geweld, afknouery in skole

Dit is vandag Unesco se internasionale dag teen geweld en afknouery by skole, wat kuber-afknouery insluit. Vanjaar se tema is: “Takel kuber-afknouery en ander vorms van aanlyn geweld waarby kinders en jongmense betrokke is.” Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, sê die tema is gepas in ag genome die tyd wat leerders weens die Covid-19-pandemie aanlyn deurbring. Sy sê Wes-Kaapse leerders moet van die diens gebruik maak wat ingestel is om hulle met berading te help as hulle slagoffers is.