Nangombe verduidelik oor die 229 voertuie

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, sê die verskil tussen die aantal voertuie in diens van die ministerie en die meesterlys van voertuie in sy besit, is weens gevalle waar aansoeke deur sommige eenhede gemaak word vir die afskryf van voertuie wat onbruikbaar en of beskadig is. Hy sê in normale gevalle word die voertuie wat afgeskryf is, van die meesterlys verwyder die oomblik wanneer tesourie goedkeuring daarvoor verleen. Dit volg na die ouditeur-generaal se kantoor bevind het dat vir ten minste 229 voertuie wat aan die gesondheidsministerie behoort, nie rekenskap gegee kan word nie.