Mango bied werknemers vrywillige skeidingspakkette aan

Mango Lugdiens in Suid-Afrika het sy werknemers vrywillige skeidingspakkette
aangebied. Dit volg nadat die lugredery se vloot vanaf Julie nie vlieg nie en dus geen
inkomste genereer nie. Die pakkette word aan ongeveer 700 van sy werkers gebied.
Mango se sakereddingspraktisyns hoop hierdie proses sal teen einde November
afgehandel wees.