Zuma gee nie bes oor Downer nie

Die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het planne bekendgemaak vir
nog ‘n appèl. Zuma se spesiale aansoek om die senior staatsaanklaer, Billy Downer, so
ver te kry om hom van sy korrupsie-verhoor te onttrek,  is in Oktober van die hand
gewys. Die oud-president staan tereg op 16 aanklagte van bedrog, korrupsie,
rampokkery en geldwassery wat met die wapentransaksie verband hou. Dié saak sal na
verwagting in April aanstaande jaar hervat.