Kaapse skrywer ontvang eredoktersgraad by Universiteit Stellenbosch

‘n Bekende Kaapstadse skrywer, digter en storieverteller, Diana Ferrus, gaan ‘n eredoktersgraad ontvang by die Universiteit Stellenbosch. Ferrus is veral bekend vir haar ikoniese gedig oor Sarah Baartman. Dié werk is blykbaar die rede waarom Baartman se oorskot teruggebring is na Suid-Afrika. Haar werk is ook in talle bloemlesings opgeneem. Sy besoek verskeie skole as deel van die Universiteit Stellenbosch se WOW-projek wat met leerders oor hulle voorgeskrewe gedigte gesels. Ferrus sê dis ‘n voorreg om die eerbetoon te ontvang.