Man glo buite bank op Oshikango beroof

‘n Werknemer van Fysal Fresh Produce is na bewering van 900 780 Namibiese dollar beroof toe hy op pad was om die geld by ‘n bank op Oshikango in te betaal. Die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Ohangwena-streek, adjunk-kommissaris het aan Namibiese media gesê onbekende verdagtes het die werknemer buite ‘n Bank Windhoek-tak beroof.