Gauteng wil agterstand van rybewyse uitwis

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor paaie en vervoer is optimisties oor die projekte wat die LUR, Jacob Mamabolo, aangekondig het om die agterstand in die hernuwing van rybewyse hok te slaan deur middel van die versoek-‘n-tydgleuf-veldtog. Minister Fikile Mbalula het die geldigheid van rybewyse tot die 31ste Maart volgende jaar verleng. Die voorsitter van die komitee, Gregory Schneemann, sê hy is tevrede oor wat blyk doeltreffende vernuwingsplanne te wees.