Man gee homself oor nadat hy sy meisie op Walvisbaai vermoor

‘n Jong vrou is glo vandag deur haar kêrel op Walvisbaai doodgeslaan. Die 26-jarige fabriekswerker het van die werk af by hul huurkamer aangekom en ‘n argument het tussen hulle ontstaan. Haar kêrel het haar glo uit die kamer geruk, gestamp, geslaan en met ‘n hamer oor haar kop gemoker. Hy het hom aan die polisie oorhandig.