Namibiese Boere-unie sê bek-en-klouseer is onder beheer

Die Namibiese Boere-unie het gereageer op die Suid-Afrikaanse minister van landbou, Thoko Didiza, wat sê die omvang van siektebeheergebiede vir bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal is kleiner gemaak. Die departementele woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê beperkings op die bewegings van diere na en van besmette areas is genoeg om te keer dat die siekte versprei. Die president van die Namibië Boere-unie, Jason Emvula, het aan Kosmos 94.1 News gesê dat die bek-en-klouseer-situasie in Namibië onder beheer is, en dat alles gedoen word om verspreiding te voorkom.