ANC dank Carl Niehaus af

Carl Niehaus is deur die ANC afgedank, het Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, bevestig. Dit volg nadat Febe Potgieter, hoofbestuurder van die ANC, Niehaus per brief ingelig het dat hy vanmiddag tot 16:00 kans gehad het om redes te verskaf oor waarom hy nie summier afgedank moet word nie. Dit is in reaksie op Niehaus wat die media Woensdag in ’n verklaring uitgenooi het om te aanskou hoe hy strafregtelike klagte van diefstal, bedrog en korrupsie teen senior amptenare van die ANC by die polisie indien. Dié klagte is in verband met werknemers se onbetaalde salarisse.